Road Safety Blog

Drank maak dit onmoontlik om sekere goed te sê!

dronk-spraak

[ Foto is “ge-pose!”]

Wanneer jy dronk is…..

Dinge wat MOEILIK is om te sê wanneer jy dronk is

1. Innoverend
2. Preliminêr
3. Verspreiding
4. Kaneelsuiker

Dinge wat BAIE MOEILIK is om te sê wanneer jy dronk is

1. Spesifiseer
2. Anti-konstitusionalisties
3. Passief-agressiewe afwyking
4. Transubstansieer

Dinge wat ONMOONTLIK is om te sê wanneer jy dronk is

1. Nee dankie, ek is getroud.
2. Nee, niks meer vir my om te drink nie.
3. Jammer, jy is nie my tipe nie.
4. ‘n Hamburger?? Nee dankie, ek is nie honger nie.
5. Goeienaand offisier, heerlike aand né?
6. O nee, ek kan nie. Niemand wil my hoor karaoke nie.
7. Ek stel nie belang om met jou te baklei nie.
8. Dankie, maar ek wil nie dans nie. Ek het nie ko-ordinasie nie en wil nie soos ‘n gek lyk nie.
9. Waar’s die naaste toilet? Ek weier om in die parkeer terrein of langs die pad te piepie.
9. Nee, ek bel nie my vriende die tyd van die aand nie.
10. Ek moet nou huistoe gaan. Ek werk môre.

Ons wil besoekers uitnooi om die Arrive Alive webwerf to besoek vir meer inligting oor die gevare van dronkbestuur!

Exit mobile version